January 2015 Outing

January 2015: Some of the club members went to Bloubergstrand. Congratulations to Bob de Villiers for taking the winning photo of the day.

Maritha se woorde:

Baie dankie aan al die lede wat deelgeneem het aan ons Januarie uitstappie na Bloubergstrand. Ten spyte van die mis en koue (of dalk agv daarvan) het ons eers by Big Bay by ‘n koffiewinkel gaan koffie (en bier) drink. Daar het ons ‘n geruime tyd vertoef – deels in die hoop dat die weer sal verbeter. Dit het nie eintlik gebeur nie en ons is toe maar later af strand toe, waar ons bene, surfers, honde en ‘n paar ander tonele afgeneem het. Baie geluk dan ook aan Bob wat met sy “beach legs” die uitstappie prys gewen het. Ek het ‘n paar lede hoor sê hulle sal ook maar van nou af bier drink...lol

Daarna is ons terug plaas toe, waar ons vleisie gebraai en lekker saam gekuier het. Weereens baie dankie aan Elretha vir die lekker slaai en knoffelbrode.

Baie dankie aan Bob en Marthie wat die uitstappie-pette geborg het, en aan Johan wat die inisiatief geneem het om dit te laat gebeur. Die pette is baie mooi. Van Februarie se uitstappie af, sal elke lid wat vir die eerste keer ‘n uitstappie of werkswinkel meemaak, ‘n pet kry, wat gedra moet word op die uitstappies. Dis nou sodat sommige lede nie die ander verloor nie.

Wees op die uitkyk, die volgende uitstappie email sal binnekort in jou inbox wees!

Groete
Maritha