August 2015 Outing

August 2015: Some of the club members went on an outing to the Theewaterskloof dam. Congratulations to Johan Beyers for taking the winning photo of the day.

Tielman se woorde:

Op Saterdag 1 Augustus 2015 was ons op ‘n fotoklub uitstappie na die Theewaterskloofdam. Die dam is geleë tussen Franschhoek en Villiersdorp net oor die Franschhoekpas. Dit was ‘n heerlike sonnige wintersdag en gelukkig relatief min wind. Ons was 9 fotograwe wat saam gegaan het vir hierdie laatmiddag / sonsondergang foto uitstappie. Elkeen het sy eie rigting ingeslaan en begin eksperimenteer met verskillende hoeke, komposisies en lig verstellings. Natuurlik was daar een of twee wat nie hul e-posse mooi gelees het nie en gevolglik sonder die regte toerusting, nl. driepote en kabeltjies, daar opgedaag het… Soos een van ons ervare lede inderdaad opgemerk het, in die 20 minute na sonsonder neem ‘n mens eintlik van die mooiste fotos, MAAR dan moet jy die regte toerusting het!

Toe dit te donker geword het vir fotos neem, is ons weer die Franschhoekpas oor en die uitstappie afgesluit met ‘n heerlike warm koffie in Franschhoek.

Daar was werklik baie goeie fotos geneem op die uitstappie en almal wat saam was, kan baie trots voel op hul pogings. Die wenfoto van die uistappie is deur Johan Beyers geneem. Baie Geluk!

Sien julle by ons volgende uitstappie!

Foto Groete
Tielman du Toit